Covid-19-pandemie in Suid-Afrika

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Covid-19-pandemie in Suid-Afrika
Kaart van provinsies met bevestigde gevalle van COVID-19
Datum1 Maart 2020 – voortdurend
LiggingSuid-Afrika
Virusstam SARS CoV-2

Oorsprong Wuhan, Hubei, China
Eerste geval Hilton, KwaZulu-Natal
1 Maart 2020 (1560 dae gelede)
Gevalle 4 025 375(23 Oktober 2022)[1]
Aktief 5 368
Sterftes 102 257
Herstel 3 916 030

Webwerf www.nicd.ac.za

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Die destydse minister van gesondheid Zweli Mkhize het bevestig dat die covid-19-pandemie aan die begin van Maart 2020 ook na Suid-Afrika versprei het.[2] Die koronavirussiekte 2019 (covid-19) word veroorsaak deur ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (SARS-CoV-2).

Op 15 Maart 2020 het president Cyril Ramaphosa 'n nasionale ramptoestand afgekondig om 'n gekoördineerde en geïntegreerde rampbestuurstelsel te implementer. Dit sou help om die virusuitbraak te bestuur en die regering in staat stel om nooddienssentrums in te rig. 'n Reisverbod is vanaf 18 Maart 2020 vir reisigers van Italië, Iran, Suid-Korea, Spanje, Duitsland, die VSA, die Verenigde Koninkryk en Volksrepubliek China ingestel.[3]

President Ramaphosa het op 23 Maart aangekondig dat die land vanaf 26 Maart vir 21 dae in 'n staat van inperking sal wees. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is ook ontplooi om die polisie en ander staatsdepartemente by the staan in die toepassing van die maatreëls.[4] Die nasionale staat van inperking is later tot 30 April verleng.[5] Op 10 April het dr. Mkhize aanbeveel dat die algemene publiek gesigsmaskers dra wanneer hulle hul huise verlaat.[6]

Op 21 April het die president 'n ekonomiese stimuluspakket van 500 miljard rand aangekondig in reaksie op die pandemie.[7] Op 23 April het president Ramaphosa aangekondig dat daar 'n geleidelike en in-fase verslapping van beperkings sal plaasvind, wat die nasionale waarskuwingsvlak vanaf 1 Mei 2020 tot vlak 4 verlaag het.[8] Vanaf 1 Junie is die nasionale beperkings na vlak 3 verlaag.[9]

Op 12 Julie 2020 het die president aangekondig dat die nasionale ramptoestand verleng sou word tot 15 Augustus 2020. ‘n Drankverbod is weer onmiddellik in werking gestel en 'n aandklokreël is tussen 22h00 tot 04h00 aangekondig. Die dra van lapgesigsmaskers is verpligtend gemaak. Parke is weer oopgestel vir oefening, maar nie vir enige vorm van byeenkomste nie.[10] Die beperkings is vanaf 17 Augustus 2020 verlaag tot waarskuwingsvlak 2.[11] Op 16 September 2020 kondig die president aan dat Suid-Afrika se covid-19 regulasies na vlak 1 verlaag word vanaf 20 September, en sodoende kan die meeste alledaagse aktiwiteite hervat word.[12] In Desember 2020 beleef die land 'n tweede golf covid-19-infeksies.[13] Gevolglik word die covid-19 regulasies op 29 Desember 2020 vanaf 'n aangepaste vlak 1 tot 'n aangepaste vlak 3 verskerp, weens 'n toename in infeksies.[14]

Die covid-19 regulasies word verlaag van 'n aangepaste vlak 3 tot 'n aangepaste vlak 1 vanaf 1 Maart 2021, na 'n afname in infeksies.[15] Op 17 Februarie 2021 word die nasionale inentingsprogram teen covid-19 amptelik bekendgestel.[16] Op 28 Junie 2021 is die covid-19 beperkings in die land verander na aangepaste vlak 4, met die Delta-variant wat vinnig die dominante stam van die virus tydens die derde vlaag van die pandemie geword het. [17] Op 9 Julie 2021, sestien maande ná die pandemie begin het, beskryf dokters in Johannesburg die stelsel daar as die breekpunt, met onvoldoende beddens en skaars genoeg suurstof. [18] Op 25 Julie is die land se inperkings na aangepaste vlak 3 verander.[19] Op 13 September 2021 het 'n aangepaste waarskuwingsvlak 2 van krag geword. [20][21] Op 4 April 2022 kondig President Cyril Ramaphosa die opheffing aan van die landswye staat van inperking, wat in Maart 2020 as gevolg van die Covid-19-pandemie ingestel is. Die onmiddellike risiko het teen middel Junie 2022 afgeneem, en op 22 Junie 2022 is alle oorblywende gesondheidsregulasies rakende Covid-19 beëindig.[22]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named sacoronavirus.co.za
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named nicd3
  3. van Heerden, Suné (15 Maart 2020). "Koronavirus:President kondig maatreëls aan". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 15 Maart 2020.
  4. "South Africans brace for 21-day lockdown as virus cases rise". Al Jazeera (in Engels). 24 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 24 Maart 2020.
  5. "WATCH LIVE: Ramaphosa extends Covid-19 lockdown by 14 days". The Citizen. 9 April 2020.
  6. "Minister Zweli Mkhize confirms 24 deaths and total of 2003 cases of Coronavirus COVID-19". Departement van Gesondheid. 10 April 2020.
  7. "Ramaphosa announces South Africa's biggest spending plan ever to fight coronavirus". Fin24 (in Engels). 21 April 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 22 April 2020.
  8. "Statement by president Cyril Ramaphosa on South Africa's response to the coronavirus pandemic, Union buildings, Tshwane". SA Corona Virus Online Portal. 23 April 2020.
  9. "President Cyril Ramaphosa: Developments in South Africa's risk-adjusted strategy to manage the spread of Coronavirus COVID-19". Departement van Gesondheid. 24 Mei 2020.
  10. Strydom, Nico (12 Julie 2020). "Onmiddellike alkoholverbod en aanklokreël aangekondig". Maroela Media. Besoek op 12 Julie 2020.[dooie skakel]
  11. Staff writer. "South Africa moves to level 2 lockdown on Monday – here are the new rules" (in Engels). Besoek op 15 Augustus 2020.
  12. Van Heerden, Suné (16 September 2020). "Covid-19: Vlak 1-regulasies aangekondig". Maroela Media.
  13. Evans, Jenni. "Covid-19: SA enters second wave as Mkhize warns of surge in infections among teens". News24. Besoek op 10 Desember 2020.
  14. "Statement by president Cyril Ramaphosa on progress in the national effort to contain the COVID-19 pandemic". COVID-19 South African Online Portal. 28 Desember 2020. Besoek op 28 Desember 2020.
  15. "Statement by president Cyril Ramaphosa on progress in the national effort to contain the COVID-19 pandemic". COVID-19 South African Online Portal. 28 Desember 2020. Besoek op 28 Desember 2020.
  16. "'Can I close my eyes?' Ramaphosa has Covid-19 jab with Khayelitsha hospital staff". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 17 Februarie 2021.
  17. "Level 4 lockdown for 2 weeks: Alcohol sales and public gatherings banned". The Citizen. 27 Junie 2021. Besoek op 27 Junie 2021.
  18. McKenzie, David. "Southern Africa hoped it was through the worst of Covid-19. Then the Delta variant arrived". CNN. Besoek op 9 Julie 2021.
  19. "Cyril Ramaphosa #StaySafe "Based on the recommendations of the Ministerial Advisory Committee on COVID-19, and inputs from the President's Coordinating Council, Cabinet this afternoon decided that the country be moved from Adjusted Alert Level 4 and be placed on Alert #Level3."". Twitter. Besoek op 25 Julie 2021.
  20. Ramaphosa, Cyril (12 September 2021). "PRESIDENTIAL ADDRESS: South Africa moves to Alert Level 2 after Covid-19 infections decline". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 13 September 2021.
  21. Ramaphosa, Cyril (12 September 2021). "President Cyril Ramaphosa: South Africa's response to Coronavirus COVID-19 pandemic". Government of South Africa. Besoek op 14 September 2021.
  22. "Minister Joe Phaahla: Repeal of regulations regarding Covid-19 pandemic and monkey-pox". 23 Junie 2022. Besoek op 28 Junie 2022. a beperkte 5de golf aangedryf deur subvariante en nie 'n nuwe variant van kommer was besig om te verdwyn en daar was nie meer 'n groot risiko nie

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search